Kategorie se argiewe: Christelike Leerstellings

Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?

Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang? Is die Kerk die geestelike Israel? En is dit korrek om die Kerk nou as die Israel van God te omskryf? Hierdie is nogal belangrike vraagstukke. Indien die Kerk nie die volk Israel vervang het nie, dan is dit verkeerd, en boonop niks anders as dwaalleer, om te verkondig dat die Kerk Israel as God se verbondsvolk vervang het. Om so iets te doen sou niks anders wees, as om woorde in God te mond te lê en sal daartoe lei dat so ‘n persoon homself in opposisie teen God en Sy woord plaas, iets wat ernstige implikasies vir so ‘n persoon of groep persone kan inhou. Onthou die Bybel stel dit duidelik dat ‘n persoon sal maai wat hy saai.
Gal 6:7 “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.”
En boonop word ons gemaan om onsself daarop toe te lê om die woord van God reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Onder die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, is daar ‘n geneigdheid om te beweer dat die Kerk die volk Israel as verbondsvolk vervang het, en daar is ook sekere groepe, veral onder die Hebreeuse wortels beweging, wat selfs so ver gaan en hulleself as Israeliete bestempel. Die doel van hierdie studie is om te bepaal wat die Skrifte werklik oor hierdie aangeleentheid te sê het. Ons doel moet wees om God se woord getrou te bestudeer, en die woord eerbiedig te gehoorsaam, anders gaan ons die vrugte van ons rebellie pluk. In hierdie studie gaan Israel en die Kerk met mekaar vergelyk word, sodoende sal opgemerk word dat die Kerk nie Israel as God se verbondsvolk vervang het nie. Israel is nie die Kerk nie en die Kerk is nie Israel nie! Die Kerk is ‘n nuwe entiteit wat uit wedergebore Jode/Israeliete sowel as mense van alle nasies tale en kulture bestaan. Lees meer Het die Kerk die volk Israel, as God se Verbondsvolk, vervang?

Genees en Genesing tydens die Post Apostoliese Tydperk

Vraag: Vic, jy het my in die verlede so mooi ( Skrif binne konteks) gehelp met Hebr 12:14. Nou het ek weer jou hulp nodig. Het ons as gelowiges dieselfde mag en outoriteit as wat die apostels en hulle legate gehad het om te genees? Skrifte soos Markus 16:15-18. Lukas 10:1-20 en Joh 14:12 word gebruik om te beweer ons as gelowiges het outoriteit en mag om dooies op te wek, siekes te genees ens. Wat beteken mag en outoriteit in die konteks?

Dankie vir jou puik web tuiste, ek het al baie geleer daaruit.

By voorbaat dankie.

Antwoord: Baie dankie vir jou mooi komplement oor die webtuiste, maar alle eer moet die Here toekom, want sonder Hom sou ek nooit hierdie webtuiste kon skryf nie. Ek gaan die verskillende teksgedeeltes waarna jy verwys afsonderlik bespreek, en dan gaan ek een byvoeg wat volgens my mening een van die teksgedeeltes is, wat die meeste as bewys gebruik word, dat ons in die Kerk Dispensasie die outoriteit het om siektes gesond te maak en mens uit die dood op te wek. Lees meer Genees en Genesing tydens die Post Apostoliese Tydperk

Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Die leser moet net kennis neem, dat hierdie studie hoofsaaklik oor gevalle engele of bose geeste handel. Aparte artikels wat Satan, asook die leerstelling van die heilige engele, aanspreek is alreeds in anders studies op die webtuiste behandel. (Die leser word aangeraai om die artikels “Satan” en “Die Leerstelling van die Heilige Engele” vir meer besonderhede rondom daardie aangeleenthede te lees.) Lees meer Die Leerstelling van die Gevalle Engele

Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die oomblik wanneer ‘n persoon die Evangelie glo, word daardie persoon in Christus geplaas, en ontvang daardie persoon ‘n groot aantal geestelike seëninge wat vir ewig deel van sy erflating word en wat nooit weer verloor kan word nie. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van hierdie seëninge genoem word, en die leser word aangeraai om self die ander op te soek, want daar is baie meer.  Lees meer Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Indien ons die Bybel noukeurig bestudeer, sal opgemerk word dat daar ‘n duidelike onderskeid tussen aanvanklike verlossing (fase een van ons verlossing, naamlik wedergeboorte) en loon wat ‘n gelowige na aanvanklike wedergeboorte, deur die inwerking en krag van die Heilige Gees, kan versamel. (Fase twee van verlossing, naamlik heiligmaking.) Lees asb die artikel “Drie fases van verlossing” vir meer inligting rondom die drie verskillende fases van ons verlossing. Dit is uiters belangrik om hierdie onderskeid duidelik waar te neem, want baie Christelike denominasies tref nie duidelik hierdie onderskeid nie en dit lei dan daartoe dat hulle op ‘n baie subtiele wyse goeie werke deel van die Evangelie maak. Om hierdie rede, kom dit as geen verassing dat die apostel Paulus dit nodig geag het om Timoteus baie sterk aan te moedig, om die woord te bestudeer en homself daarop toe te lê om die woord reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Die Here neem leerstellige suiwerheid en Bybelse leerstellings baie ernstig op en daarom sal ons wys wees indien ons dieselfde doen. Om hierdie rede, gaan met die skryf van hierdie artikel, gepoog word om vanuit die Skrifte die onderskeid tussen wedergeboorte en loon, wat deur goeie werke gedoen bekom kan word, gedemonstreer word. Dit sal verhoed dat ‘n persoon goeie werke/dissipelskap deel van die Evangelie van God se genade maak en die Evangelie in ‘n werke evangelie verander nie. Lees meer Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Heb 12:14 en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie

Vraag: Ek lees gereeld u skrywes op u webtuiste en stem met alles saam. Ek wil net weet of dit moontlik is vir ‘n gelowige (eerste fase/wedergebore) om te leef vir self en nie sy kruis elke dag op neem nie (tweede fase/heiligmaking) om nog in die lig van Heb. 12:14 hemel toe sal gaan. Ek sien so baie wat Jesus aanneem, maar tog nog voortgaan om vir hulleself te lewe soos hulle wil.

groete

Antwoord: Ek neem aan jy bedoel Heb. 12:14 en nie 12:4 nie. Ek gaan jou op grond van Heb. 12:14 antwoord. Indien jy Heb. 12:4 bedoel het laat my asb weet, want ek het probleme met my epos program gehad en weet nie of jy my epos gekry het nie. Lees meer Heb 12:14 en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie

Die Leerstelling van die Heilige Engele

Voordat ons met hierdie studie begin, moet net gelet word dat hierdie artikel hoofsaaklik oor heilige engele handel en nie oor bose geeste of gevalle engele nie. Indien dit die Here se wil is, sal ek ‘n aparte artikel, wat spesifiek oor bose geeste handel, skrywe. Die bestaan van engele word in minstens 34 boeke van die die Bybel bevestig en die term “engel en engele ” kom minstens 275 keer in die Bybel voor. Verder het die Here Jesus Christus self die bestaan van engele bevestig en het ook self oor hulle bestaan geleer.
Mat 18:10 “Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.” Lees meer Die Leerstelling van die Heilige Engele