Alle bydraes deur Vic

Alles Werk Ten Goede vir die wat in Jesus glo!

Rom 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”
Ons wat weet dat ons die Here liefhet, hoef nooit terneergedruk of bang te voel nie. Dit maak nie saak hoe hopeloos ons saak mag lyk, of hoe donker ons lewe op hierdie oomblik mag voorkom nie. Ons kan verseker weet dat die Here alle omstandighede en gebeurtenisse gebruik en dit vir ons ten voordeel laat saamwerk. Lees meer Alles Werk Ten Goede vir die wat in Jesus glo!

Sukkel met Sonde

Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek sal dit pleeg en dan geweldig skuldig voel en probeer ophou daarmee, net om weer te val en te sondig. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil ook nie verlore gaan nie. Ek moet net noem dat ek die Evangelie glo, maar op een of ander rede bly ek struikel en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1Korintiers 6:10
Kan jy my help asb! Lees meer Sukkel met Sonde

Krag in ons Woorde?

Daar is deesdae ‘n gewilde konsep in die kerk wat beweer, dat ons woorde krag het en as ons positiewe uitsprake oor ons omstandighede en selfs ander persone maak, ons daardie dinge gaan kry as ons genoeg geloof het en die regte woorde uitspreek. So kan ons rykdom, gesondheid, geluk en ‘n lekker lewe kry. Daar word ook beweer dat mens nie negatiewe uitsprake oor mens se omstandighede of oor ander mense moet uitspreek nie, omrede ons woorde krag in hulle het en wat ons sê sal dus in die werklikheid manifesteer. Daar word gesê dat, toe God die wêreld geskape het, Hy woorde gespreek het en alles het ontstaan soos wat Hy gespreek het. Omdat ons in God se beeld geskape is, behoort ons dus in die God klas en kan ook dus met ons eie woorde skep. Die vraag wat ons moet beantwoord is, kan hierdie leerstelling uit die Bybel regverdig word, omrede ons as Christene die woord van God het en ons, ons lewens volgens God se woord moet inrig.

2Ti 3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Indien hierdie leerstelling nie uit die woord regverdig kan word nie sal ons moet vasstel waar dit vandaan kom en wie die inspirasie agter hierdie leerstelling is. Lees meer Krag in ons Woorde?

Moenie Moedeloos word nie!

Ons almal kom die een of nader tyd in ons lewens tot ‘n punt waar ons voel ons kan nie meer nie. Dit gebeur veral indien iemand werklik vir die Here wil leef en Hom dien. Ek glo vas dat almal wat werklik vir die Here wil dien, en nie vir hulleself nie, soms moedeloos sal wil voel, omrede dinge nie uitwerk soos wat ons beplan het nie, want die Satan en sy werkers sal ons op alle vlakke wil teëstaan. Dit is juis hier waar ons moet ophou in eie krag voort te beur, en onsself volkome aan God oorgee en na Hom alleen kyk vir die suksesvolle uitkoms van die situasie. Anthony Norris Groves wou vir die Here werk en hy het ook, maar na jare se arbeid en vele terugslae het hy gesterf en het altyd gevoel sy lewe was ‘n mislukking. Maar die Here het nie sy lewe as mislukking gesien nie en sy werk het na sy dood in Mei 1853 baie vrugte afgewerp. Tot so ‘n mate dat hy tot vandag toe as die vader van Geloof Sendings beskou word. Watter geweldige eer is dit nie. Hy het egter nooit die vrugte van sy arbeid hier op aarde waargeneem nie, maar dink net watter loon hy by die Here gaan ontvang! Lees meer Moenie Moedeloos word nie!

Is die boek Openbaring Volledig?

Vraag: Kan jy vir my asb kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbarings inligting daarby kan voeg. In Open 22:18 staan niks mag bygevoeg of weggelaat word nie asook in Deut 4:2.

Antwoord : Baie dankie vir die vraag en boonop ‘n baie goeie een. Met die Here se hulp sal ek poog  om jou vraag so kortliks as moontlik te beantwoord. Onthou ek is net ‘n mens en kan foute maak. Gaan toets alles wat ek jou sê asb met die Skrifte! Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?

Soekers van Ydele Eer

Gal 5:24 “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 5:26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
‘n Ware Christen is nie veronderstel om oor homself te spog nie, maar moet oor die Here roem. (1Ko 1:26 – 31)

Wettiese mense vergelyk hulleself graag met ander mense, en spog dan met hulle goeie werke, asof hulle goeie werke, hulle by God nog meer aanvaarbaar maak. Sulke mense vergeet dat al ons werke soos vuil klere voor God is.
Jes 64:6 “En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”
Ons is net aanvaarbaar vir God, omrede Jesus ons sondes op Homself geneem het en daarvoor aan die kruis betaal het.  Al wat ons moet doen is glo. En dus is daar niks om oor te roem nie.
Rom 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.” Lees meer Soekers van Ydele Eer

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord is of die Apostels van Jesus ons in enige plek in die Bybel beveel het om in die Gees te val? Die antwoord is nee, ons word nêrens in die Bybel so ‘n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is hoe ‘n mens in die Gees wandel? Kom ons gaan na die Skrifte vir die antwoord. Lees meer Val in die Gees?

Gelykenis van die Arbeiders

Voordat ons begin moet ons eers kennis neem dat Jesus hierdie gelykenis vertel het as ‘n verdere verduideliking op ‘n vraag wat Petrus Hom gevra het.
Mattheus 19:27 “Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees? 19:28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte(wanneer alles nuut gemaak word) wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. 19:29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.”
Opmerking: Let op dat die Here verwys na die wedergeboorte d.w.s die millennium, wanneer Jesus fisies op aarde gaan wees en Sy Messiaanse Koninkryk hier sal oprig. Dit sal die tyd wees wanneer Jesus die koninkryk geestelik, (Jesaja 2:3; 4:2-4 en 11:9) polities (Jesaja 2:4; 11:1-5; 11:10 -11 en 32:16 – 18) geografies en fisies ( Jesaja 2:2; 4:5 – 6; 11:6 – 9; 35: 1 – 2) gaan vestig. Hy gaan op die herstelde troon van Dawid sit en die wêreld vir duisend jaar lank regeer. (Mattheus 25:31) Dit alles vind hier op aarde, in die fisiese geografiese landgebied van Israel plaas . Dit is opmerklik, dat die genadeloon, wat die dissipels vir getroue diens in hierdie lewe aan God gelewer, met gesagsposisies van administrasie en heerskappy in die vrederyk van Jesus beloon gaan word. . (Lukas 19:17- 27) Lees asb die artikels “Die gelykenis van die Ponde” asook “Gelowiges se werke gaan beoordeel word” Lees meer Gelykenis van die Arbeiders

Is jy seker God bestaan nie?

Net die dwaas sê in sy hart, daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, en veral ook in Suid Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak is in my beskeie opinie ‘n bietjie arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling, sonder enige nadenke van my kant af, goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf moet ons teruggaan na die begin. Lees meer Is jy seker God bestaan nie?

Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?

Wil ons werklik hoor wat die Here aan ons wil sê of wil ons net hoor wat ons sondige natuur werklik wil hoor? As daar ooit ‘n tyd was om Paulus se waarskuwing aan Timoteus ernstig op te neem is dit nou, in hierdie dae waarin ons in leef.
2Ti 4:3 “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”
Is dit nie wat huidiglik in die grootste gedeelte van die belydende Christendom gebeur nie? Praat van leerstelling en die mense kyk jou skeef aan. Ek het gehoor hoe ‘n gewilde televisie prediker verkondig dat doktrines die kerk verdeel.  Dink net vir jouself as ‘n prediker nie leerstellings verkondig nie, wat verkondig hy dan? Hoekom het ons dan nog die Bybel? Moet die Bybel nie ons leerstellings bepaal nie? As die Bybel nie die laaste woord in die bepaling van doktrines is nie, kan enige ding as die waarheid verkondig word. Dit sal chaos tot gevolg hê, en is dit nie miskien wat ons in die belydende Christendom vandag waarneem nie? Lees meer Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?