Kategorie se argiewe: Vraag en antwoord

Om ‘n Beter kind van God te wees

Vraag: Ek wonder of jy my raad kan gee oor hoe ek ‘n sterker kind van God kan word. Dit is rêrig moeilik om die gevoel binne my te verduidelik oor my besluit. Ek is n huisvrou en het n wonderlike huwelik met twee pragtige kinders. Ons behoort aan die Dopper kerk en my man is ‘n diaken ook. Tog voel daar iets wat kort en ek wil rêrig meer van die Here leer, en rêrig ‘n opregte kind van Hom word en wil my gesin dra met die Here se woord.

Hoop jy verstaan wat ek probeer sê.

Groete Lees meer Om ‘n Beter kind van God te wees

Laaste Dae Herlewing?

Vraag:
Wanneer gaan die groot Herlewing begin wat almal van praat? Ek hoor baie daarvan maar sien nie in werklikheid enige verandering in ons samelewing nie. Ek sal graag jou opinie hieroor wil hoor.

Antwoord:
Goeie vraag. Hang af wat jy as herlewing beskou. Met ware herlewing bedoel ek, dat die mens altyd ‘n terugkeer na God en Sy Woord  (die Bybel) maak. Met ware herlewing bely die mense hulle sondes, en laat staan dit, en laat die Heilige Gees toe om hulle lewens te beheer. Ware herlewing het nog altyd na ‘n heilige lewenswandel gelei, en die mense het die waarheid weer in God se Woord opgesoek, om vas te stel wat God se wil is en dit gedoen. Die Bybel is dan as maatstaf gebruik waarteen alle gedrag en handelinge gemeet is. Met ware herlewing het die gelowiges meer sensitief vir die leiding van die Heilige Gees geraak en het hulle ook op die Heilige Gees se leiding gereageer. Lees meer Laaste Dae Herlewing?

Is die kerk die weg na God?

Vraag: Die vraag wat ek het is net dit: “Is die kerk, of ‘n sekere bekende kerk denominasie die enigste weg na God toe, of kan ek in enige kerk behoort en nog steeds ‘n kind van God wees?” Ek wil nie ‘n fout op hierdie punt maak nie, maar oorweeg om my huidige denominasie te verlaat. Baie dankie.

Antwoord: Moenie bekommerd wees nie, jy sal verbaas wees om te weet dat daar net een ware Kerk van Jesus Christus is, en dit is nie ‘n denominasie nie, maar bestaan uit alle wedergebore Christene wat die Evangelie geglo het. Kerk lidmaatskap red niemand nie en het nog nooit iemand gered nie. Dit is ‘n ongelukkig ‘n feit, dat daar baie mense is wat die kerke se banke warm sit, en wat nog nooit in werklikheid wedergebore geraak het nie en dus op pad hel toe is. Ek stel dit weer: “Die kerk of ‘n denominasie is nie die weg na God die Vader nie!” Lees meer Is die kerk die weg na God?

Moet glo dat Jesus God is?

Vraag: Is dit ‘n vereiste om te glo dat Jesus, God is, om wedergebore te word? Ek kan nie ‘n duidelike antwoord in die Bybel kry nie. Help asb! Ek wonder nogal gereeld oor hierdie vraagstuk.

Antwoord: Dankie vir die vraag. Ek dink daar is nogal baie mense wat met hierdie vraag worstel. Die Bybel stel dit baie duidelik, dat mens moet glo dat Jesus God is, voordat mens gered kan word.
Joh 8:23 “En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. 8:24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.” Lees meer Moet glo dat Jesus God is?

Bybelse Geloof

Vraag:
Ek het op Kenneth Copeland se webtuiste gelees dat God Homself in ‘n posisie geplaas het waar ons geloof Hom kan beheer, nie net Homself nie maar ook alle hulpmiddele wat God in die Hemel besit. Hoekom gebeur dit dan nie vir my nie? Het ek dan nie ware geloof nie? Aangeheg sal jy die skakel na die webbladsy kry. Help asb!

Antwoord:
Ek sal nie bekommerd wees as ek jy is nie. Ek is bevrees dat Kenneth nie aan jou die waarheid volgens die Skrifte vertel nie. Ek het sy artikel gelees en sal kortliks daarop antwoord. Ek gaan net die gedeelte bespreek wat jy genoem het omrede dit ‘n baie lang antwoord sal wees indien ek die hele dokument moet ontleed en  met die Skrifte vergelyk. Ek gaan dus net die gedeelte onder die opskrif “When Faith Talks” bespreek. Lees meer Bybelse Geloof

Soeke na Rykdom

Vraag: Is dit verkeerd om rykdom na te jaag, dit is tog wat almal deesdae doen, maar ons Pastoor waarsku ons gereeld daarteen. Ek vermoed hy het voeling met die hedendaagse lewe verloor. Antwoord asb!

Antwoord: Hierdie is ‘n vraag waarmee almal worstel , en soos altyd moet ons na die Bybel gaan vir die antwoord. Weereens moet ek jou waarsku, om na die Bybel alleen te gaan vir jou antwoorde en nie op menslike opinies staat te maak nie. Mense kan foute begaan en jy kan daardeur verlei word. Om jou Bybel te bestudeer, en te weet wat daarin staan is een van die grootste gawes wat God die mens gegee het, tog word dit die meeste afgeskeep. Kom ons gaan na die Woord. Lees meer Soeke na Rykdom

Voorspoed Evangelie

Vraag: Wat is jou siening oor die Voorspoed Evangelie of die Prosperity Gospel soos dit oor die algemeen bekendstaan? Kan die Voorspoed Evangelie uit die Bybel geregverdig word ?  Ek weet van mense wat swaarkry en wat glo daarin. Ek wonder net want jy daaroor dink, want soms klink jy negatief oor wat hulle verkondig. Baie dankie.

Antwoord: Om mee te begin glo ek dat die Voorspoed Evangelie nie die Evangelie is wat die Here aan ons as gelowiges gegee het om te verkondig nie. Dus is dit ‘n ander Evangelie wat nie red nie, en daartoe sal lei dat baie mense in die Hel gaan beland wat dink dat hulle gered is. Lees asb klaar, want dit is baie belangrik en dan besluit jy vir jouself of ek die waarheid praat. Vergelyk alles wat ek of enigiemand jou mag meedeel met die Bybel self, om seker te maak wat aan jou verkondig word die waarheid is! Lees meer Voorspoed Evangelie

Sukkel met Sonde

Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek sal dit pleeg en dan geweldig skuldig voel en probeer ophou daarmee, net om weer te val en te sondig. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil ook nie verlore gaan nie. Ek moet net noem dat ek die Evangelie glo, maar op een of ander rede bly ek struikel en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1Korintiers 6:10
Kan jy my help asb! Lees meer Sukkel met Sonde

Is die boek Openbaring Volledig?

Vraag: Kan jy vir my asb kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbarings inligting daarby kan voeg. In Open 22:18 staan niks mag bygevoeg of weggelaat word nie asook in Deut 4:2.

Antwoord : Baie dankie vir die vraag en boonop ‘n baie goeie een. Met die Here se hulp sal ek poog  om jou vraag so kortliks as moontlik te beantwoord. Onthou ek is net ‘n mens en kan foute maak. Gaan toets alles wat ek jou sê asb met die Skrifte! Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord is of die Apostels van Jesus ons in enige plek in die Bybel beveel het om in die Gees te val? Die antwoord is nee, ons word nêrens in die Bybel so ‘n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is hoe ‘n mens in die Gees wandel? Kom ons gaan na die Skrifte vir die antwoord. Lees meer Val in die Gees?