Moenie Moedeloos word nie!

Ons almal kom op een of ander tyd in ons lewens by ‘n punt waar ons voel ons kan nie meer nie. Dit gebeur veral wanneer iemand werklik vir die Here wil leef en Hom wil dien. Ek glo vas dat almal wat die Here opreg dien, en nie hulleself nie, soms moedeloos sal voel omdat dinge nie uitwerk soos beplan nie. Die rede hiervoor is dat die satan en sy werkers ons op alle vlakke sal teëstaan. Dit is juis hier waar ons moet ophou om in eie krag voort te beur; ons moet onsself volkome aan God oorgee en na Hom alleen kyk vir ‘n suksesvolle uitkoms.

Anthony Norris Groves wou vir die Here werk en het dit ook gedoen, maar na jare se arbeid en vele terugslae het hy gesterf met die gevoel dat sy lewe ‘n mislukking was. Die Here het sy lewe egter nie as ‘n mislukking gesien nie. Sy werk het na sy dood in Mei 1853 ryke vrug gedra, tot so ‘n mate dat hy vandag as die “vader van geloofsending” beskou word. Watter geweldige eer is dit nie! Hy het nooit die volle vrug van sy arbeid hier op aarde waargeneem nie, maar dink net watter loon hy by die Here sal ontvang.

Lees meer Moenie Moedeloos word nie!

Is die boek Openbaring Volledig?

Vraag: Kan jy vir my asseblief kommentaar lewer op die feit dat iemand meen dat die boek Openbaring nog nie klaar geskryf is nie en dat mens nog openbaringsinligting daarby kan voeg? In Openbaring 22:18 staan dat niks bygevoeg of weggelaat mag word nie, asook in Deuteronomium 4:2.

Antwoord: Baie dankie vir die vraag; dit is ’n uitstekende en relevante navraag. Met die Here se hulp sal ek poog om u vraag so bondig moontlik te beantwoord. Onthou, ek is net ’n mens en kan foute maak. Toets asseblief alles wat ek sê aan die Skrif!

Die Bybel, vanaf Genesis tot en met die einde van Openbaring, is ’n progressiewe openbaarmaking van God aan die mens. Dit is noodwendig ook die openbaarmaking van Jesus Christus aan die mensdom; dit vertel hoe die mens in sonde verval het en hoe God in Sy genade die gevalle mensdom verlos het. (Die leser word ten sterkste aangeraai om die reeks artikels “Die Duiwel se aktiwiteit sover dit die gelowige aanbetref” te lees, wat die mens se geskiedenis en die satan se betrokkenheid in diepte bespreek).

Lees meer Is die boek Openbaring Volledig?

Soekers van Ydele Eer

Gal. 5:22-26 “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
‘n Ware Christen is nie veronderstel om oor homself te spog nie, maar moet in die Here roem (1 Ko 1:26–31). Wettiese mense vergelyk hulleself dikwels met ander en spog dan met hul goeie werke, asof hierdie werke hulle meer aanvaarbaar voor God maak. Sulke mense vergeet egter dat al ons eie geregtighede soos besoedelde klere voor God is.
Jes. 64:6 “En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”

Lees meer Soekers van Ydele Eer

Val in die Gees?

Vraag: Is dit skriftuurlik om in die Gees te val?

Antwoord: Die vraag wat ons hier moet beantwoord, is of die apostels van Jesus ons op enige plek in die Bybel beveel het om “in die Gees te val”. Die antwoord is nee; ons word nêrens in die Bybel so ’n opdrag gegee nie. Ons word wel beveel om in die Gees te wandel. Die vraag wat ons dan moet vra, is: Hoe wandel ’n mens in die Gees? Kom ons raadpleeg die Skrif vir die antwoord.

Johannes 15:5 “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”
Hier sien ons dat die Here ons die opdrag gee om in Hom te bly, en dan gee Hy aan ons die versekering dat ons veel vrug sal dra. Is dit deel van vrug dra om “in die Gees te val”, soos wat sommige mense beweer? Vir ’n antwoord gaan ons weer na die Skrifte om te sien wat die vrugte is waarvan die Here hier praat.

Lees meer Val in die Gees?

Die Gelykenis van die Arbeiders in die Wingerd

Voordat ons begin, moet ons eers kennis neem dat Jesus hierdie gelykenis vertel het as ‘n verdere verduideliking op ‘n vraag wat Petrus Hom gevra het.

Matt.19:27 “Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees? 28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte (wanneer alles nuut gemaak word) wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. 29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of 1kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.”
Opmerking: Let op dat die Here verwys na die wedergeboorte, d.w.s. die millennium, wanneer Jesus fisies op aarde sal wees en Sy Messiaanse Koninkryk sal oprig. Dit sal die tyd wees wanneer Jesus die koninkryk geestelik (Jesaja 2:3; 4:2-4 en 11:9) polities (Jesaja 2:4; 11:1-5; 11:10 -11 en 32:16 – 18), asook geografies en fisies (Jesaja 2:2; 4:5 – 6; 11:6 – 9; 35: 1 – 2) gaan vestig. Hy gaan op die herstelde troon van Dawid sit en die wêreld vir duisend jaar lank regeer (Mattheüs 25:31). Dit alles vind hier op aarde, in die fisiese geografiese landgebied van Israel plaas. Dit is opmerklik dat die dissipels vir getroue diens aan God beloon gaan word met genadeloon, wat gesagsposisies van administrasie en heerskappy in die vrederyk van Jesus insluit (Lukas 19:17-27). Lees asb. die artikels “Die gelykenis van die Ponde” asook “Gelowiges se werke gaan beoordeel word”.

Lees meer Die Gelykenis van die Arbeiders in die Wingerd

Is jy seker God bestaan nie?

Net die dwaas sê in sy hart: “Daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, veral ook in Suid-Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak, is na my beskeie mening ietwat arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood!) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling sonder enige nadenke van my kant af goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf, moet ons teruggaan na die begin.

In Genesis maak die Here ‘n stelling dat Hy die wêreld gemaak het in ses letterlike 24-uur dae, en op die sewende dag het Hy gerus. (Genesis 1:1-31 en Genesis 2:1-3) Dit is ‘n feitelike stelling en Hy neem aan dat ons dit sal glo; dit kom immers van Homself af. Om God se stellings oor Homself te verwerp, kom daarop neer om Hom te verwerp. Die persoon wat beweer dat God nie bestaan nie, demonstreer twee van sy eie gebreke wat daartoe bydra dat ek geen rede het om sy stelling te glo nie: hy demonstreer dat hy arrogant is en boonop ‘n leuenaar. So ‘n persoon hoef nie ernstig opgeneem te word nie, ongeag hoe slim of geleerd hy mag wees.

Lees meer Is jy seker God bestaan nie?

Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?

Wil ons werklik hoor wat die Here aan ons wil sê, of wil ons net hoor wat ons sondige natuur begeer? As daar ooit ‘n tyd was om Paulus se waarskuwing aan Timoteus ernstig op te neem, is dit nou, in hierdie dae waarin ons leef.
2Ti 4:3 “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”

Is dit nie wat tans in die grootste gedeelte van die belydende Christendom gebeur nie? Praat van leerstellings en mense kyk jou skeef aan. Ek het gehoor hoe ‘n gewilde televisieprediker verkondig dat doktrines die kerk verdeel. Dink net by jouself: as ‘n prediker nie leerstellings verkondig nie, wat verkondig hy dan? Waarom het ons dan nog die Bybel? Moet die Bybel nie ons leerstellings bepaal nie? As die Bybel nie die laaste woord in die bepaling van doktrines is nie, kan enigiets as die waarheid verkondig word. Dit sal chaos tot gevolg hê – en is dit nie miskien wat ons vandag in die belydende Christendom waarneem nie?

Lees meer Juk jou Ore? Wat sê die Bybel werklik?

Skinder: Die Verwoestende Krag van die Skindertong

Die wysheid van Salomo waarsku ons in Spreuke 20:19: “Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.”
Dit is aangrypend om te dink aan die seerkry en trane wat ‘n skindertong al veroorsaak het. Ongelukkig is dit dikwels nie net ongelowiges nie, maar juis gelowiges — mense wat veronderstel is om Jesus se ambassadeurs op aarde te wees — wat hulle hieraan skuldig maak. Hoeveel keer het ons nie al in ‘n Bybelstudiegroep gesit waar ‘n persoon sleggesê word terwyl hy nie teenwoordig is om homself te verdedig nie?

Ons verskoon dikwels ons gedrag deur te beweer dat ons die persoon bespreek omdat ons “omgee” of wil “help”. Die eenvoudige waarheid is egter dikwels dat ons nie werklik omgee nie, maar dat ons ‘n sondige genot daarin vind om ander te kritiseer terwyl ons ons eie foute ignoreer. As ons werklik vir iemand omgee, sal ons nie daardie persoon met ander bespreek nie, maar direk na hom of haar gaan om die saak in liefde te hanteer. Sou dit nie baie voordeliger vir die persoon wees nie?

Lees meer Skinder: Die Verwoestende Krag van die Skindertong

Ek kan nie Tiendes gee nie

Vraag: Sal die Here my kwalik neem as ek finansieel sukkel en nie meer tiendes aan die kerk kan gee nie? Ek is bang Hy straf my en weerhou Sy seëninge omdat ek van Hom “steel”. My pastoor gebruik Maleàgi 3:8 om te sê ek moet bly gee ongeag my omstandighede. Ek is bang ek word vervloek.

Antwoord: Moenie jouself bekommer nie; die Here sal nie Sy seëninge van jou weerhou op grond van jou omstandighede nie. Hy is jou Vader en ken jou omstandighede baie beter as jyself. Eerstens sal ek jou aanraai om altyd jou Bybel eers te raadpleeg oor enigiets wat enige iemand aan jou mag sê — dit sluit my in. Bid eers dat die Heilige Gees jou leiding sal gee. Jesus het ons belowe dat die Heilige Gees ons sal lei; ons moet net bereid wees om te hoor wat Hy wil sê, al is dit nie altyd wat ons wil hoor nie.

Lees meer Ek kan nie Tiendes gee nie

Die Gelykenis van die Net: Die Oordeel aan die Einde van die Verdrukking

Matthéüs 13:47-50: “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”
Opmerking: Hierdie gelykenis is eenvoudig omdat die Here dit self verduidelik. Die tydperk wat hier bespreek word, is die einde van die Groot Verdrukking wanneer Jesus Christus na die aarde terugkeer om Sy koninkryk fisies hier te vestig.

Lees meer Die Gelykenis van die Net: Die Oordeel aan die Einde van die Verdrukking

Wat sê die Skrifte