Kategorie se argiewe: Heiligmaking

Die gelowige se posisie in Christus vs sy optrede

Dit kan nie genoeg beklemtoon word hoe belangrik dit vir die gelowige is om teksgedeeltes in die regte konteks van die Skrif te lees en verstaan nie. As hierdie reël getrou nagevolg word sal dit baie verwarring en onsekerhede uitskakel en behoort die bestudering van die Bybel ‘n plesier te word en nie as iets beskou te word wat net vir sekere persone beskore is nie. God in Sy liefde en genade het die Bybel aan al Sy kinders geskryf en Hy wil hê dat hulle almal dit vir hulleself moet lees en verstaan. Dit is ook ‘n mite dat sekere gedeeltes van die Skrif nie verstaan kan word nie. God sal nie die Bybel vir die mens gee met die bedoeling dat die mens sekere gedeeltes nie kan verstaan nie. As die Bybel nie vir die mens geskryf is nie, vir wie is dit dan geskryf? Die Bybel is deur God gegee om verstaan te word. Met hierdie waarheid ingedagte gaan ons ‘n teksgedeelte bespreek wat baie onsekerheid en vrees by sommige mense veroorsaak, omrede die teksgedeelte gereeld buite sy konteks aangehaal word. Lees meer Die gelowige se posisie in Christus vs sy optrede

Wettisisme vs geloof in Christus

Wettisisme is die begeerte om op die toegerekende geregtigheid, wat God op grond van die Here Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis vir ons, te verbeter of ons werke daaraan by te voeg, sodat die Here ‘n groter rede kan hê om ons as geregtig te beskou. So ‘n persoon vergeet dat God ons slegs geregtig verklaar op grond van ons geloof in die voltooide werk van Christus aan die kruis en niks anders nie. Dit is God, wat in die Here Jesus Christus, alles gedoen het om die mens te verlos, en die mens kan niks tot sy eie verlossing bydra nie. Hy kan slegs die gawe van die ewige lewe, as geskink, by God deur geloof aanvaar. Lees meer Wettisisme vs geloof in Christus